Josef Hundertmark


deur / by Reino Ottermann, Stellenbosch / Somerset West


Samevatting van 'n artikel wat in die "Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kultuurgeskiedenis", Jg. 12, Nr. 2, November 1998 verskyn het.
Abstract of an article that appeared in the "Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kultuurgeskiedenis", Vol. 12, No. 2, November 1998



Josef Hundertmark, 'n negentiende-eeuse Duitse drukker in King William's Town

Josef Hundertmark was 'n sersant-majoor in die sewende kompanie van die tweede regiment van die Brits-Duitse Legioen wat op King William's Town gestasioneer was. In hierdie artikel probeer die skrywer om die lewe van 'n man te skets na wie daar tot heden toe net kortliks verwys word as die drukker en uitgewer van twee efemere publikasies. Die wel en wee van die Brits-Duitse Legioen wat in 1857 in die Grensgebied aangekom het, word weerspieël in die lewenstryd van hierdie Duitse drukker wat Duitse nuusblaaie en ander materiaal gepubliseer het, wat deelgeneem het aan die kulturele en godsdienstige lewe van die legionarisse, wat ekonomiese ondergang in die gesig gestaar het en uiteindelik, soos so baie ander legionarisse, die Grens verlaat het op soek na 'n beter toekoms elders waar sy spoor verdwyn het. Die skrywer se belangstelling in Hundertmark is gewek deur 'n preek van pastor Friedrich Clüver van die Duitse Lutherse St. Johanniskirche in King William's Town wat op Paassondag 1871 gelewer is en daarna deur Hundertmark gedruk is.


Josef Hundertmark, a nineteenth century German printer in King William's Town

Josef Hundertmark was a sergeant-major in the seventh company of the second regiment of the British-German Legion, stationed in King William's Town. In this article the author tries to sketch the life of a man who has, until now, only briefly been referred to as the printer and publisher of two ephemeral publications. The weal and woe of the British-German Legion which arrived in 1857 in the Border Area is reflected in the life struggle of this German printer who published German newspapers and other material, took part in the cultural and religious life of the legionaries, faced economical ruin and finally, like so many other legionaries, left the Border area in search of a better future somewhere else where his trail is lost. The author's interest in Hundertmark was sparked off by a sermon of Pastor Friedrich Clüver of the German Lutheran St. Johanniskirche in King William's Town preached on Easter Sunday 1871 and afterwards printed by Hundertmark.


Ottermann | Anfang & Suche | Deutsche in SA | Genealogie | Kirchen | Buchhinweise | Email
Ottermann | Home & Search | Germans in SA | Genealogy | Churches | References | Email